Fokofpolisiekar - Parkiebank, herfs 2017 歌词

jy mag jouself dalk vind
in die middel van die dag
op 'n parkiebank sit
en dan dink jy
hoe bekostig hierdie mense hierdie europese karre
en palasale toskanse tronke

jy mag dalk dink in 'n arm land is rykdom 'n skande
maar iemand is altyd ryker as almal anders
jy mag dalk dink, wat doen ek dat ek
in die middel van die dag op 'n parkiebank kan sit
en dan raak ek bly
want wat is daar om te doen
wie probeer ek beindruk?

en dan dink jy by jouself
ek gaan nie my hele lewe lank werk
om eendag niks te kan doen nie
ek sal sommer nou begin

ons doen nooit wat ons se ons gaan nie, nê?
wat maak ons nog hier?
hierdie plek is nie ons sin nie
jou huis is waar jou mense is
my mense het nie tuisland nie
ons doen nooit wat ons se ons gaan nie,
wat maak ons nog hier?

miskien dink jy by jouself
ek is 'n produk, ek is 'n bemarkingsveldtog, ek is 'n kommoditeit
dis nie hoe ek my kinders wil grootmaak nie
die middelklas is 'n buffer en ons moet hier uit
want die honger mense bly nie lank honger nie
die malles het beheer van die malhuis geneem
en kom al hoe nader aan die kluis

in die donker is die blinde een koning
mag onder koning maak mag onder volgelinge?
en die koning bly nie lank op sy troon nie
ek le op die gras en luister lukas maree
ek vermoed die hart werk soos die weeduwee se kruik
haar hart is seer want haar man is dood
en ek kan dit op my vingers tel wat vir my belangrik is

ons doen nooit wat ons se ons gaan nie, nê?
wat maak ons nog hier?
hierdie plek is nie ons sin nie
jou huis is waar jou mense is
my mense het nie tuisland nie
ons doen nooit wat ons se ons gaan nie,
wat maak ons nog hier?

wat maak ons nog hier?
wat maak ons nog hier?
wat maak ons nog hier?
wat maak ons nog hier?

ons doen nooit wat ons se ons gaan nie, nê?
wat maak ons nog hier?
hierdie plek is nie ons sin nie
jou huis is waar jou mense is
my mense het nie tuisland nie
ons doen nooit wat ons se ons gaan nie,
wat maak ons nog hier?
这个歌词已经 212 次被阅读了