Karen Zoid - Liefde Uit Die Oudedoos Тексты

Liefde Uit Die Oudedoos lyrics - Karen Zoid & Neil Sandilands
Ek wil lewe in jou skaduwee, ek wil jou blik oor alles voel
Elke oggend as die son opkom, oor my bed en kas en stoel
Ek wil weet net wie en wat jy is, ek wil jou fyn maal op die wal
Ek wil jou rook soos goeie kruie uit die diepste, diepste dal
Ek wil jou dophou as jy luister na die woorde van matrose
Ek wil saamgaan op jou strooptog, ek wil deel in jou psigose
Kuns is edel, kuns is boos, kuns is nogtans skadeloos

Kind van sonde, kind van troos, kind van Liefde uit die Oudedoos
Liefde uit die Oudedoos, Liefde uit die Oude - oudedoos
Dis 'n bitterbessie dagbreek, dis 'n uitroep komma-punt
Mabalel is huistoe, want sy mis haar eie kind
Ek wens ek kon jou teken met 'n koukie of 'n kwas
Ek wens ek kon onthou hoekom ek so bewerig was
Ek wens ek kon jou oopskryf, met my balpunt pen behaag
Ek wens ons kon saam wakker word in 'n youth hostel in Praag

God is edel, God is boos, God is nogtans skadeloos
Kind van sonde, kind van troos, kind van Liefde uit die Oudedoos
Liefde uit die Oudedoos, oooooooooooohhhhhhh, Liefde uit die Oude - oudedoos,
Liefde uit die Oudedoos, Liefde uit die Oude - oudedoos
Ek wil jou rondwys in my hart, Elke vloer en elke plafon
Ek sien jou bibber in die koue, maar daars nog son op die balkon

Kuns is edel, kuns is boos, kuns is nogtans skadeloos
Kind van sonde, kind van troos, kind van Liefde uit die Oudedoos
Liefde uit die Oudedoos, Liefde uit die Oude - oudedoos
Liefde uit die Oudedoos, Liefde uit die Oude - oudedoos
Liefde uit die Oudedoos, Liefde uit die Oude - oudedoos
Этот текст прочитали 760 раз.