Elvis Blue - Jou Huis Тексты

Daar was geen mure daar in 8ste straat
Ek onthou die gras was groen
Ek en Edzart Raadt en 'n rugby bal,
Kon doen wat ons wou doen.

My Ma was daar voor slaaptyd.
Haar stem vir my 'n huis.
In die wereld van haar arms
Wou ek myself toelsui.
En sy sê:

Die is jou huis my kind, die is jou huis.
In die geraas van hierdie strate
Sal jy jouself kan kry.
Die is jou huis, die is jou huis.
Gee nie om waar jy opeinding,
'n deel van jou sal altyd bly.

Movies op Dinsdae-aande,
Hande vashou tot dit sweet.
Jong liefde wat jou nooit los nie.
Jakarandas in die reën.

En die mal van tienerjare.
My Pa wat kom rugby kyk.
En dan praat ons oor my toekoms.
En ons wonder hoe dit sal lyk.
En hy sê:

Die is jou huis my kind, die is jou huis.
In die geraas van hierdie strate
Sal jy jouself kan kry.
Die is jou huis, die is jou huis.
Gee nie om waar jy opeinding,
'n deel van jou sal altyd bly.

Laaste koppies koffie.
Die lughawe koud en nat.
Jou toekoms lê nou in 'n ander land,
Oh, dit breek my hart.

Onthou tog hierdie branders!
Die Outeniqua-horison!
Onthou jou land is lief vir jou,
Waar ook al jy nog kom.
En ons sê:

Die is jou huis, die is jou huis.
In die geraas van hierdie strate
Sal jy jouself gekry.
Die is jou huis, die is jou huis.
Gee nie om waar jy opeinding,
'n deel van jou sal agterbly.
Die is jou huis
Die is jou huis
Die is jou huis
Этот текст прочитали 153 раз.