Fokofpolisiekar - Komma Şarkı Sözleri

Komma
In jou gesig is 'n sterrestelsel
Ek is 'n kind wat na die sterre kyk
As jy jou hande deur my hare vryf
In die donker voel ek weerloos, voel ek weer klein

As die stormweer begins aan ek
Die berg brand en die boom om waai
En as die vlamme aan my gordyne lek
Dan skryf ek vir ons 'n nuwe plek

Want as die weer weer kom sal dit kom om te bly
Ek ken die skaamte en die kwesbaarheid
Ek onthou ons het hardop gebid
En ek onthou ons het in ons skoolklere gevry

So ek skryf maar vir my 'n wegkruipplek
Want ek weet die weer sal weer kom om te bly
Maar komma kom maar komma kom maar weer
Hierdie keer is ek gereed

Ek sal 'n byl in my hand hê
Partykeer moet jy iets oop breek
Ek ken van in die hoek geskop word en gil
Jou teen die ruit stamp en ons albei kraak

Ek skryf maar vir my 'n wegkruipplek
Daars 'n berg houtpiele wat brand in pleks van my verstand
Maar komma kom maar komma kom maar weer
Hierdie keer is ek gereed

In jou gesig is 'n sterrestelsel
Ek is 'n kind wat na die sterre kyk
As jy jou hande deur my hare vryf
In die donker voel ek weerloos voel ek weer klein
Bu şarkı sözü 269 kere okundu.